

Liewe Christa en Chris, daar is nie woorde wat die dankbaarheid kan beskryf wat ek en Lourens voel dat ons Aristé Photographers ontdek het nie. Julle het die hele journey na ons troue van die begin af vir ons soveel vreugde gemaak. Julle het nie net ons troudag en al ons happiness vasgevang in 'n prentjie nie maar julle was deur al die stress en worry daar vir ons. Ek sal elke dag weer kies om hierdie pad saam julle te kon loop. Julle was ons eerste en enigste keuse vir fotograwe en ons het geweet julle is op ons pad gestuur. Ons het nie net die foto pad gestap nie maar 'n band gebou en by julle geleer wat werklik belangrik is in 'n huwelik. Ek dink nie aldag julle besef die mooi voorbeeld wat julle uitleef nie. Dankie vir julle raad, gesels, lag en moeite met ons. Dankie dat ons fotos met soveel liefde gedoen is, ons kon nie vir mooier vra nie. Ons stel julle vir almal enige tyd voor.