




















Dean & Andrea se groot dag is 11 November 2018 - 'n vinnige loer na hul foto sessie. Ons het 'n lekker middag spandeer saam met hulle by die immergroen Walter Sisulu Botaniese Tuine en 'n paar "forever memories" vasgevang in ons lens. Ons is baie opgewonde om jul groot dag met jul te deel. "In soete soene wil ek my liefde teen jou voorkop skryf lirieke in jou ore fluister en my mooiste woorde my eerlikste gedig loslaat om te wandel op die lug....."