

Christa en Chris het ons trou fotos gedoen in Maart 2016. Hulle is stunning mense en laat n mens so op jou gemak voel. Ek en my man is absoluut mal oor die fotos en hulle het regtig uit hulle pad gegaan om die fotos so mooi en natuurlik moontlik te maak. Stunning mense, stunning fotograwe en ons sal hulle vir enige iemand aanbeveel. Ek moet ook net noem, as ek hoor wat ander mense betaal vir profesionele fotograwe en dit wat hulle kry, kan ek met alle eerlikheid se, Aristé Photographers is nie duur nie en waarde vir elke sent. Baie dankie Christa en Chris!